Tent- of Boskamp : Chalet,Kampeer
Mayholme-plaas Sien webtuiste vir kaart
Tariewe per persoon per dag
vanaf R100
Boelamien-safari's - waar jy en Moeder Natuur een word.
Ons is geleë in die hartjie van die Suid-Afrikaanse Bosveld op die Botswana-grens. 'n Skamele 5 uur se ry van Johannesburg af waar die natuur die ongerepte wonders van Afrika ten toon stel. John en Mariana Williams verwelkom jou by hulle kalm en vriendelike oase in die bos.
Die kamp by Boelamien-safari's is geleë p[ doe oewer van die magtige Limpopo-rivier, 'n speelgrond vir seekoeie en olifante en waar puik sonsondergange deur Moeder Natuur teen die agtergrond van die majestueuse Kremetart-boom geverf word.
Geniet die beste wildervaring deur langs 'n kampvuur te ontspan in die boma; daar kan jy jou vereenselwig met die Afrika-naglewe wanneer die seekoeie kom vreet en die olifante hulle groot krag ten toon stel wanneer hulle hul kleintjies teen gevaar besekrm. Die geluid van die laggende hiëna of die geroep van die jakkals sal jou laat besef dat jy in die hartjie van die Bosveld is.
Die boskamp: Word wakker met die geluid van die visarend. Die kampeerarea het 6 ruim kampeerplekke vir tente en of sleepwaens. Daar is ook 'n klein, intieme boskamp vir 14 mense en het vier 2-bed-chalets, elk met en suite-badkamer en 'n A-raam-grasdak oop chalet met 6 beddens en 'n afsonderlike gemeenskaplike ablusie. Langs die boma is daar 'n ten volle toegeruste kombuis. Die boma het vuurmaakplek in die middel waar jy maaltye onder die Afrika-sterre kan geniet. Daar is 'n plonspoel vir die somer.
Die boomhuis: Dis binne loopafstand van die kamp en kyk uit oor die Limpoporivier. Die Boelamienboomhuis is hoog bo in die Anna-boom, is veilig en maklik bereikbaar en hier kan skemerkelkies geniet word terwyl jy die Afrika-sonsondergang geniet.
Aktiwiteite: Daar is bosuitstappies, voëlkyk, hengel op die oewer van die Limpoporivier, wildritte of 'n dagbesoek na Botswana om olifanttroppe in hul natuurlike habitat te sien.
Die 1800 ha-wildplaas het talle wildspesies soos Elande, gemsbokke (oryx), bosbokke, sebras, blouwildebeeste, rooihartbeeste, impalas, krokodille, seekoeie, olifante, koedoes, en vlakvarke.
Die Bosveld is een vand ie grootst en rykste habitatte en ons het 150 voëlspesies, onder andere die visarend, visuil en die Witkruisarend om 'n paar te noem. 'n Paradys vir voëlliefhebbers.
Tale gepraat by hierdie verblyfplek: Engels, Nederlands, Afrikaans.
Tweebed-chalets met en suite-badkamers.
| Dae: | Kamer/Terrein/Eenheid tarief: | PPD: | Kind: | Enkel: |
| Ma-Don Vry-Son |
N/A N/A |
R200 R200 |
R100 R100 |
R200 R200 |
Vir tente en kampeerwaens
| Dae: | Kamer/Terrein/Eenheid tarief: | PPD: | Kind: | Enkel: |
| Ma-Don Vry-Son |
N/A N/A |
R100 R100 |
R50 R50 |
N/A N/A |
Jy het nog geen gunstelinge nie. Om blyplekke by jou gunstelinge te voeg, kliek die '+ Gunstelinge'-knoppie op enige blyplek.
|
5-Nagte-plus-aanbod Selfsorg FreshhhWes-Kaap, Atlantiese Seekus, BLOUBERGSTRAND Tel: 021 6802403 |
|
Laagseisoenaanbod 2012 Wildreservaat-herberg Shikwari Bush LodgeLimpopo, VALLEI VAN DIE OLIFANTE, HOEDSPRUIT Tel: 073 0497494 |
|
Laaste Minuut Aanbieiding Wildreservaat White Elephant Safari Lodge & BoskampKwaZulu-Natal, Zoeloeland, PONGOLA Tel: 034 4132489 |
|
suid afrikaanse burgers aanbiedings tot 31 maart 2012 Gastehuis De Leeuwenhof GastehuisWes-Kaap, WYNLANDE, PAARL Tel: 021 8621384 |
|
Easter Special. Karavaan & Kampeer Gcadikwe-eilandkampNgamiland, OKAVANGO DELTA, OKAVANGO Tel: 0026461247951 |