Bed & Ontbyt : En-suite Kamers,Selfsorg,Tuin-woonstel
Van Dyk-straat 77 Kleinbaai Gansbaai 7220
Tariewe per persoon wat deel
vanaf R175
Aire del mar is ideaal geleë om die witdoodshaaie te sien. Slegs 2 uur se ry van Kaapstad in die stil dorpie Kleinbaai naby Gansbaai. Van jou kamer kan jy Dyer-eiland en die hawe sien vanwaar die bote vertrek vir haaihokduik en walviskyk. die hawe is binne loopafstand van ons.
Ons bied vriendelike, persoonlike diens en gehalteverblyf in:
Vyf luukse kamers (eerste verdieping van gebou), almal met en suite-badkamer en balkonne. Van jou kamer het jy 'n fantastiese uitsig oor die baai na Dyer-eiland wat wêreldbekend is vir sy haaigang! Alle hierdie kamers het DStv, muurverwarmer, ketel met koffie en tee en 'n muurkluis. Begin jou dag met 'n gesonde ontbyt en geniet later skemerkelkies op jou balkon of in ons volgelisensieerde kroeg.
Drie selfsorg-studio's (grondverdieping van gebou) met seeuitsig en en suite-badkamers. Die studio's is toegerus met 'n yskas en mikrogolf en eetgerei vir 'n ligte maaltyd.
Stappersverblyf of gesinseenheid. Ons bied ook stappersverblyf (woonstel agter die huis). Dit het nie 'n seeuitsig nie maar het een kamer met dubbelbed en en suite-badkamer. Nog 'n leefkamer met dubbelopslaanbed en nog 'n enkelbed met kombuis en nog 'n badkamer. Stappersopsie (indien net 2 persone) woon net in een kamer en nie die hele woonstel nie.
Die area bied baie: Witdoodshaaikyk, walviskyk (binne seisoen) en voëlkyk, 4x4-uitstappies op die berg, gholfbaan, kajak, grotverkenning en visvangs van die land of per boot. Kleinbaai bied kilometerlange kuslyn vir heerlike wandelings in die fynbos (natuurlike kusplantegroei). Ons kan jou ook help met die beplanning van uitstappies na Danger Point-ligtoring, Elim-sendingstasie, Kaap L'Agulhas (die mees suidelik punt an Afrika), voëlkyk en baie meer.
Tale gepraat by hierdie verblyfplek: Engels, Nederlands, Afrikaans.
Vyf luukse ruim kamers met en suite-badkamers en balkonne. Pragtige uitsig oor die baai tot by Dyer-eiland - wêreldbekend vir sy haaigang!
| Dae: | Kamer/Terrein/Eenheid tarief: | PPD: | Kind: | Enkel: |
| Ma-Don Vry-Son |
R810 R810 |
R405 R405 |
R100 R100 |
R520 R520 |
Drie selfsorgstudio's met seeuitsig en en suite-badkamers.
| Dae: | Kamer/Terrein/Eenheid tarief: | PPD: | Kind: | Enkel: |
| Ma-Don Vry-Son |
R590 R590 |
R245 R245 |
R50 R50 |
R430 R430 |
Stappers of gesinne. Woonstel agter die gebou, het nie seeuitsig nie.
| Dae: | Kamer/Terrein/Eenheid tarief: | PPD: | Kind: | Enkel: |
| Ma-Don Vry-Son |
R590 R590 |
R200 R200 |
N/A N/A |
N/A N/A |
Jy het nog geen gunstelinge nie. Om blyplekke by jou gunstelinge te voeg, kliek die '+ Gunstelinge'-knoppie op enige blyplek.
|
Spesiale someraanbod Selfsorg Abalone-lodgesWes-Kaap, TUINROETE, KNYSNA Foon 044 3822934 |
|
Afrika Lente-opwekking-spa-aanbod Boetiekhotel Hout Bay ManorWes-Kaap, HOUTBAAI, HOUTBAAI Foon 021 7900116 |
|
Fees Seisoen Aanbod! Tentkamp Bateleur Tented Safari LodgeLimpopo, ELLISRAS, Ellisras Foon 014 7634064 |