Selfsorg : En-suite Kamers
11 km noord van Marble Hall op die NII
Foon: 011 8024884 Fax: 011 8024884
Tariewe per persoon wat deel
vanaf R240
Geleë naby Marble hall, 200 km noord-oos van Johannesburg op die grens tussen Mpumalanga en Limpopo - dis 'n 265 ha- privaat wildplaas aan die voet van 'n heuwel.
Dit is ideaal vir stap, bergfietsry, wild- en voëlkyk, gesins- en vriendegrope of bloot om jou energie terug te kry.
Jy kan vry rondloop tussen kameelperde, wildebeeste, sebras, koedoes, impalas en waterbokke.
Kwekwe het drie selfsorglodges wat gemiddeld 300 - 800 meter uitmekaar is.
Hornbill: Huisves tot 9 persone
Ndebele: Huisves tot 8 persone
Tata Somba: Huisves tot 8 persone
Alle slaapkamers is en suite en elke lodge het sy eie swembad. Enkelparty-besprekings per lodge verseker algehele privaatheid. Die eenhede is gerieflik ingerig en ten volle toegerus. Troeteldiere is welkom by Hornbill (omheinde tuin) maar moet buite die tuin aan 'n leiband wees.
Ons personeel maak die huis skoon en was 2 keer per dag skottelgoed. Laat hulle asb weet watter tye hulle moet kom.
Stap en fietsry - Kwekwe is op die buiterand van die landbougedeelte in Marble Hall. Die plaas bestaan uit soetveldsavannah (bos) met 'n klein berg vol bome. Daar is 'n goeie netwerk van grondpaaie wat geskik is vir onbegeleide stap en fietsry. Wild op die plaas: kameelperdek, wildebeeste, sebras, koedoes, impalas, waterbokke, rooihartbeeste, duikers, steenbokke, jakkalse, vlakvarke, muishonde en talle voëls (neushorings, houtkappers, tarentale, ens). Sommige paadjies het boomidentifisering.
Gaste mag ons fietse gebruik wat in die speelkamer langs Hornbill is. Gaste mag oral p die wildpaadjies ry. Motorfietse en vierwielmotorfietse word ongelukkig nie toegelaat nie.
Pret: Elke lodge het sy eie swembad, tuin en speelkamer met biljard, tafeltennistafel en veerpyltjies.
Tale gepraat by hierdie verblyfplek: Afrikaans, Engels, Frans.
Elke kamer is en suite met stort en versier in die styl van die onderskeie huis (Tata Somba, Ndebele of Hornbill).
| Dae: | Kamer/Terrein/Eenheid tarief: | PPD: | Kind: | Enkel: |
| Ma-Don Vry-Son |
||||
Jy het nog geen gunstelinge nie. Om blyplekke by jou gunstelinge te voeg, kliek die '+ Gunstelinge'-knoppie op enige blyplek.
|
Spesiale someraanbod Selfsorg Abalone-lodgesWes-Kaap, TUINROETE, KNYSNA Foon 044 3822934 |
|
Afrika Lente-opwekking-spa-aanbod Boetiekhotel Hout Bay ManorWes-Kaap, HOUTBAAI, HOUTBAAI Foon 021 7900116 |
|
Fees Seisoen Aanbod! Tentkamp Bateleur Tented Safari LodgeLimpopo, ELLISRAS, Ellisras Foon 014 7634064 |