Selfsorg : Selfsorg,Selfsorg,Selfsorg,Selfsorg
De Hoop Road Uniondale Wes-Kaap 6490
Tariewe per eenheid
vanaf R495
Genestel in die Kouga-bergreeks in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Bo Kouga Mountain Retreat voorsien die heerlikste wegbreekkanse uit die chaos van die moderne stadslewe.
Op hierdie 300 hektaar-bergtoevlugsoord kan jy die natuur op sy beste verken. Ons beloof rustige dae tussen die fauna, flora en die sterbelaaide nagte. Hier tref jy ‘n dramatiese landskap, sensasionele panoramiese berguitsigte en koel strome aan. Natuurliefhebbers sal Bo Kouga Mountain Retreat geniet omdat voëls vry hier rondvlieg en die landskap oortrek is van veldblomme terwyl luiperds nou en dan in die bergklowe rondklim.
Geniet rus en vrede en waar jy jou eie pas kan stel. Swem, stap, ry fiets of ontspan sommer net om jou kothuis - die keuse is joune. 'n Derde van die plaas is onverkende berge, wat ideaal is vir stap en dit gee jou die geleenteid om ander plantegroei en strome te ontdek. Die puik staproete van 45 minute is 'n wonderlike ervaring deur die wildkamp (met springbokke, elande, gemsbokke en sebras) na die afgesonderde permanente waterval waar jy jou eie piekniek kan geniet, kan swem en kan onstpan in die natuur. Die plaasgeboue en verblyf is goed opgenkap. Die binnekant is goed ingerig met die grootste gerief in gedagte. Party van die buitegeboue is in die 1860's opgerig, onder andere 2 van die vier kothuise.
Tale gepraat by hierdie verblyfplek: Afrikaans, Engels, Duits.
Hierdie kothuis het 'n ouwêreldse, intieme gevoel en is ideaal vir twee gaste, maar kan ook 3 huisves. Die slaapkamer het twee enkelbeddens met gehalte beddegoed, 'n antieke klerekas, 'n tafel en verwarmer vir jou gerief. 'n Ekstra dag-bed vir 'n derde gas is in die sitkamer. Die badkamer is en suite met 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuis is ten volle toegerus met tweeplaatstoof, mikrogolf, yskas, rooster, breek- en eetware. Die oopplansitkamer/kombuis het 'n groot kaggel vir jou genot. Die kothuis het ook 'n groot patio met 'n braaigerief. The following are supplied for your convenience: Fire wood (not ideal braai wood), tea, coffee, toiletries, kitchen soaps and towels. A complimentary carafe of sherry is provided to be enjoyed in the comfort and privacy of your cottage or on the patio surrounded by the natural beauty of Bo Kouga Mountain Retreat.
Die vrystaande kothuis dateer uit die 1860's en is stylvol opgeknap en versier. Dit is ideaal vir vier gaste maar kan 5 huisves. Die hoofslaapkamer het 'n antiekdubbelbed en -klerekas. Die 2e slaapkamer het twee beds (enkels) ook met 'n antiekklerekas. 'n Ekstra bed (enkel) is in die sitkamerarea. Albei beddens is oorgetrek met gehalte beddegoed en met gehalte matrasse. Die badkamer het 'n stort en toilet met twee ingange: een van die hoofslaapkamer en een van die patio. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n groot gasstoof, kombuistafel en stoel, mikrogolf, yskas, rooster, breek- en eetgerei. Die oopplankombuisarea is toegerus met 'n groot kaggel vir jou gerief. Die kothuis het ook 'n ingeboude braai asook 'n losstaande eenheid.
This cottage is newly refurbished and is ideal for 4 guests but can sleep 6. We've also made this cottage pet friendly with a dedicated garden area for your furry and/or feathered friends to enjoy their getaway, just as much as you will! The main bedroom is fitted with a built-in queen size bed and a dressing table. The second bedroom has two single beds. All the beds are fitted with high quality bedding and mattresses. In the lounge area there is a a double sleeper couch. The bathroom has a shower, wash basin and toilet. The open plan dining room and kitchen is fully equipped with a 4 plate stove with oven, microwave, fridge, kettle, toaster, cutlery and crockery. The kitchen has a homely farm-style kitchen table and benches to seat 6. The kitchen/lounge area is open plan and has a fire place for your comfort and a sliding door which leads on to the patio. The following are supplied for your convenience: Fire wood (not ideal braai wood), tea, coffee, toiletries, kitchen soaps and towels. Sit back, relax, put your feet up and enjoy a welcoming glass of sherry in the tranquility and beauty Bo Kouga Mountain Retreat offers you.
‘n Nuut geboude luukse en stylvolle kothuis wag op jou. Dit is ideaal vir 2 gaste. Die slaapkamer het ‘n koningingrootte bed met hoë gehalte beddegoed en matras, ‘n ingeboude kas, muurkluis en verwarmer vir jou gerief en gemak. Die badkamer het ‘n bad, stort, wasbak en toilet. Ons voorsien badolie, borrelbad- en natuurlike seesout – wonderlik vir ontgifting en ontspanning. Die oopplaneetkamer en kombuis is ten volle toegerus met ‘n 4-plaatstoof/oond met glasblad, mikrogolf, yskas, outomatiese wasmasjien, skottelgoedwasser, rooster, messegoed en eetgerei. Die eetkamer het ‘n 6-stoel-eetkamertafel en toonbuffet. Die oopplansit/eetkamer het ‘n groot kaggel vir jou gerief en ‘n skuifdeur wat na die patio lei. Die patio het ‘n ingeboude braai met eettafel en stoele. Die volgende word verskaf vir jou gerief: Vuurmaakhout (nie ideale braaihout), tee, koffie, toiletware, kombuisseep en handdoeke. Sit terug, ontspan, sit jou voet op die tafel en geniet ‘n verwelkomende glas sjerrie in die rustigheid en prag wat Bo Kouga Mountain Retreat jou bied.
Jy het nog geen gunstelinge nie. Om blyplekke by jou gunstelinge te voeg, kliek die '+ Gunstelinge'-knoppie op enige blyplek.
|
Someraanbod Gastehuis The Dunes Country HouseOos-Kaap, Kouga Country, ST FRANCISBAAI Tel: 042 2941685 |
|
Winter 2011 Gastehuis Terra Bianca GastehuisWes-Kaap, KLEIN KAROO, OUDTSHOORN (Roete 62) Tel: 083 3719815 |
|
6 nagte vir die prys van 5 Selfsorg La Galiniere-gastehuisiesWes-Kaap, WYNLANDE, FRANSCHHOEK Tel: 021 8762579 |
|
Winteraanbod Selfsorg River's EdgeMpumalanga, LAEVELD LEGOGOTE, NELSPRUIT Tel: 084 3238419 |
|
Alle etes ingesluit Wild- / Natuurreservaat African Game LodgeWes-Kaap, Breederiviervallei, MONTAGU (Roete 62) Tel: 072 3503924 |